Die Perfekte Aftree Besigheid – “Pet Sitting”

Ekstra inkomste en vryheid

Baie afgetredenes geniet die vryheid wat met aftrede kom, maar sal steeds graag ‘n ekstra inkomste wil verdien. Maar dan, sal hulle nie graag weer in ‘n voltydse werk wil staan, met vaste ure en skedule wat op hulle ander aktiwiteite inbreuk maak nie. Hulle wil eerder die vryheid en aanpasbaarheid wat hulle nou het, behou. So, wat kan ‘n perfekte besigheid wees waarin die afgetredene kan betrokke raak, iets wat nie alleenlik ekstra geld genereer  nie, maar ook heelwat ander voordele bied? Die antwoord is “Pet Sitting”.

Die “Pet” sitter besoek die troeteldier eienaar se huis en doen die normale daaglikse take, soos kosgee, neem die dier vir ‘n stap, en gee liefde en aandag aan die troeteldier. Besoeke duur normaalweg minder as ‘n uur en betaal vanaf R30 tot R100 per besoek (Afhangende van die algemene tarief van die omgewing).

Daar is honderde duisende troeteldiere in Suid Afrika, wat  visse, voëls en ander klein diere uitsluit. Jou eie omgewing het baie troeteldier eienaars met meer as een troeteldier. Dit beteken meer werk vir jou!

Jy’s in beheer

As die eienaar van jou eie “pet sitting” besigheid, is jy in beheer! Jy werk wanneer jy wil, neem slegs die werk waarvoor jy kans sien en jy bepaal die tarief. Eenvoudig gestel, jy’s die baas. Jy skeduleer jou besoeke rondom jou eie aktiwiteite.

Tesame met die vryheid en finansiële voordele, is daar ook heelwat gesondheidsvoordele. Dit is bewys dat troeteldiere bloeddruk en stress verlaag. Die warmte en kameraadskap van diere kan troos en rustigheid bring, ongekend aan iets anders.

Troeteldiere kan jou goeie oefening gee, soms nie te uitputtend nie, maar beslis lonend. Om ‘n hond op stappie te neem kan goeie erobiese oefening gee, nie om die vars lug wat jy kry, uit te sluit nie. Baie afgetredenes geniet die nuwe vryheid en tyd tot hulle beskikking, sonder om vasgevang te wees in ‘n voldag werk. Hulle hou van die beheer oor hulle eie tyd en dag. Dit is hoekom “pet sitting” ‘n perfekte opsie is om ekstra geld te verdien. ‘n Kans om uit te kom en kwaliteit tyd te spandeer met diere en geld te verdien.

PetsApp

PetsApp.co.za bied ‘n platvorm waar “Pet Sitters” en Eienaars mekaar vind. Registreer en laai jou besonderhede, of kontak ons en ons sal help.  Registrasie is slegs R199.00 per jaar, maar ons bied nou ‘n 60 dae gratis bekendstellingsaanbod. So, geen rede om nie vandag aanboord te kom nie!